Honey Hop Kids
Witborskraai
Witborskraai
Lirieke
Lirieke
Aai, aai, die Witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
Hoog gevlieg en laag geswaai
By die groot see omgedraai.
Aai, aai, die Witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
Hoog gevlieg en laag geswaai
By die groot see omgedraai.
Raai, raai, Janpiet Kepaai
Het sy rietgeweer gelaai
Tier gaan skiet by Mosselbaai
Nooit nie weer daar omgedraai.
Fooi, fooi, Stefaans du Toit
Het gaan kuier by ’n nooi
Met sy rietperd in die baai
Daadlik weer daar omgedraai.
Aai, aai, die Witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
Hoog gevlieg en laag geswaai
By die groot see omgedraai.
Aai, aai, die Witborskraai!
Sing saam met hierdie vrolike Afrikaanse rympie wat hoog vlieg van hier tot by Mosselbaai! Met speelse woorde, ritme en herhaling is dit ’n prettige liedjie wat kinders laat lag, leer en oor en oor saam sing.
Share

Laai jou gratis inkleur boek af
Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.