Honey Hop Kids
Vorms
Vorms
Lirieke
Lirieke
Kyk na my en kan jy raai?
Kyk na my en kan jy raai?
Watter vorm is dit daai?
As jy reg is maak ons n la-waai
Hoog bo ons skyn die son,
Ek wens ek kon daarby kom
Kyk die maan en kyk die bal,
Appels wat uit bome val.
Kan jy raai? Kan jy raai?
Dit is 'n….sirkel!
Rek hom bietjie, rek hom meer,
nou’s die sirkel ovaal, meneer.
Kyk die eier en die spieël,
rugbybal waarmee ek lekker speel.
Kan jy raai? Kan jy raai?
Dit is 'n….ovaal!
Kyk na my en kan jy raai?
Kyk na my en kan jy raai?
Watter vorm is dit daai?
As jy reg is maak ons n la-waai
Kyk die hanger vir jou klere,
kyk die seilboot op die mere.
Lekker pizza op jou bord,
Wanneer het jy so slim geword.
Kan jy raai? Kan jy raai?
Dit is 'n…driehoek!
Kyk die venster in die muur,
My toebroodjie vir 12 uur.
En die skoon sirvet op my skoot,
al vier sye ewe groot.
Kan jy raai? Kan jy raai?
Dit is 'n…. vierkant!
Sirkel, ovaal, driehoek ook,
Vierkant, reghoek in die boek.
Kyk mooi rond, hulle’s oral daar
Die wereld is vol vorms dis regtig waar
Kyk die handdoek op die gras,
swembad waar ons lekker plas.
Mamma se selfoon in haar hand,
lank en plat aan elke kant.
Kan jy raai? Kan jy raai?
Dit is 'n reghoek!
Kyk na my en kan jy raai?
Kyk na my en kan jy raai?
Watter vorm is dit daai?
As jy reg is maak ons n la-waai
Kyk na my en kan jy raai?
Kyk na my en kan jy raai?
Hoeveel vorms ken ons nou?
Een, twee, drie, vier, vyf vir jou!
’n Prettige raai-raai liedjie waar kinders vorms soos sirkels, ovale, driehoeke, vierkante en reghoeke leer herken.
Met bekende voorwerpe uit hul wêreld ontdek hulle dat vorms oral rondom hulle wegkruip.
Share

Laai jou gratis inkleur boek af
Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.