Honey Hop Kids
Jan van Riebeeck
Jan van Riebeeck
Lirieke
Lirieke
Jan van Riebeeck kry die taak
Om ’n halfwegstasie te bou in die Kaap
Vir skepe wat vaar van ver oor see
Om kos aan elkeen wat kom te gee
Vaar, vaar oor die see
Jan en sy span, kom saam met my
Golwe rol, groot en wyd
Met die groot boot seil on suid
Die son skyn warm op die skip
Die water breek teen rots en klip
Snags skyn sterre, stil en klaar
Hulle wys ons waar ons vaar
Vaar, vaar oor die see
Jan en sy span, kom saam met my
Golwe rol, groot en wyd
Met die groot boot seil on suid
Kyk daar voor, ’n berg so plat
Hy staan so stil, trots en glad
“Land!” roep almal, hard en bly
Dis die Kaap — ons is naby!
Kap, kap — bou die plek
Bou dit sterk, ry vir ry
Plant, plant — laat dit groei
Kos vir almal, groot en vry
Vaar, vaar oor die see
Jan en sy span, kom saam met my
Golwe rol, groot en wyd
Met die groot boot seil on suid
Grawe diep, diep, die grond gee kos
Vars en groen, van boom tot bos
Bou die fort om sterk te staan
Vir skepe wat hier kom en gaan
Ses April, onthou die dag
Gee die Kaap sy eerste lag
Dis hier waar als begin
Die Kaap sê dankie
JAN EN JOU SPAN!
Golwe rol, groot en wyd
Met die groot boot seil on suid…
Jan van Riebeeck arriveer aan die Kaap om ’n halfwegstasie te bou vir skepe wat van ver oor die see reis. Hier begin die storie van groei, hoop en ’n nuwe lewe aan die suidpunt van Afrika.
Share

Laai jou gratis inkleur boek af
Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.