Skip to product information
1 of 1

Honey Hop Kids

Heerlike Lente

Heerlike Lente

Lirieke

Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroee more het goud in die mond.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Die windkie kom fluit in die denne se top,
die varsheid van buite wil niemand ooit stop.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Dis heerlike lente, die winter’s verby
Dis heerlike lente, die winter’s verby

Dis Heerlike Lente
’n Vrolike Afrikaanse lenteliedjie wat vier hoe die winter verby is en die buitelug roep. Met singbare “hol-la-dri-o”-refreine en ’n vars natuurgevoel is dit perfek vir saam sing, beweeg en die nuwe seisoen vier.

View full details

Laai jou gratis inkleur boek af

Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.

Laai Af
1 of 3