Honey Hop Kids
Haas Das se Nuuskas
Haas Das se Nuuskas
Lirieke
Lirieke
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na 6
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Hasie kwas, die groot lawaai
Hardloop dat dit kraak
Maar Skillie het die geelwortels
Oor sy pad gesaai
Hasie eet hom trommeldik
En raak toe aan die slaap
En Skillie word organiseerderskorps
Se eerste kandidaat
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na 6
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Groot Oom Slapoor Olifant
Het 'n crêche begin
Waar al die dierekindertjies
Saam kan speel en sing
Maar die stoute apies
Het vir dae lank geraai
Sou hulle aan Oom Olifant
Se slurp of stertjie swaai
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na 6
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
’n Vrolike Afrikaanse gunsteling waar groot en klein saamkuier vir al die nuus uit Diereland. Ontmoet Hasie, Skillie en Groot Oom Slapoor Olifant in ’n wêreld vol humor, kattekwaad en sagte lewenslesse.
Met ’n aansteeklike refrein en kleurvolle karakters bring hierdie liedjie nostalgie, warmte en saamsing-pret na Honey Hop.
Share

Laai jou gratis inkleur boek af
Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.