Skip to product information
1 of 1

Honey Hop Kids

Fanie die Volstruis

Fanie die Volstruis

Lirieke

’n Brief kom aan op ’n mooi, warm dag
“Kom partytjie toe!” asseblief vandag
Fanie hou stil en kyk na die papier
Sal ek daar inpas… om saam fees te vier?

Fanie, Fanie — strek jou nek!
Fanie, Fanie — net jy kan so rek!
Die grootste voël wat jy kan kry
Met lang lang bene wat vinnig spoed kry

Hy kyk na sy bene, lank en wyd
Na sy nek wat bo die bome kyk
Al die ander maatjies is klein en lig
Wat as hulle vir my lag… loop Fanie en sug

Fanie stap stadig tot by die hek
Al die diertjies kyk en gesigte word getrek
Hy staan so stil en kyk na die grond
En wonder of hy hoort hier rond

Fanie, Fanie — strek jou nek!
Fanie, Fanie — net jy kan so rek!
Die grootste voël wat jy kan kry
Met lang lang bene wat vinnig spoed kry

Ballonne vlieg tot bo in die boom
Te hoog vir almal — dis niemand se droom
Aapie spring maar kom nie by
Hasie probeer ook… maar dis te hoog vir my

Fanie, Fanie kan jy help vandag?
Rek jou nek bo in die takke sag
Stadig stap ou Fanie nader
Hy rek so hoog o liewe vader!

STREK STREK — nek so lank!
STREK STREK — hou dit vas!
RAAK RAAK — daar’s die tou!
TREK TREK — bring dit gou!

Fanie, Fanie — strek jou nek!
Fanie, Fanie — net jy kan so rek!
Die dapperste voël wat jy kry
Fanie die volstruis jys perfek vir my

Die ballonne val, almal lag
“Fanie! Jy het dit reggekry vandag!”
Nou dans en sing hy saam
Fanie almal ken nou jou naam.

Fanie, Fanie — strek jou nek!
Fanie, Fanie — net jy kan so rek!
Op, op — kyk hoe hoog!
Fanie is die held vandag en knip oog

As jy voel jy pas nie in
Onthou net waar jou krag begin
Wat jou anders maak vandag
Is presies jou grootste krag

Fanie die volstruis ontdek dat dit wat hom anders maak, eintlik sy grootste krag is wanneer hy sy lang nek gebruik om sy vriende te help. Hierdie kinderliedjie vier selfvertroue, vriendskap en die moed om jouself te wees.

View full details

Laai jou gratis inkleur boek af

Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.

Laai Af
1 of 3