Skip to product information
1 of 1

Honey Hop Kids

Die Tandemuis

Die Tandemuis

Lirieke

Ken jy vir die tandemuis?
Sy sluip so stil in elke huis
Met sagte pote, sonder klank
Sy soek ’n klein melktand vir die bank

Tandemuis ooo tandemuis
Sy is so dapper en is so wys
Sy sit jou tand in haar rugsakkie
en los ’n persentjie in n pakkie.

Sy kruip verby die slapende kat
En gaan rus op die groot bruin mat
Selfs as die hond begin te droom
glip sy verby — sag en skoon.

Tandemuis ooo tandemuis
Sy is so dapper en is so wys
Sy sit jou tand in haar rugsakkie
en los ’n persentjie in n pakkie.

Muise doen belangrike werk
Van hulle maak kos, ander is by die kerk
Maar om ’n tandemuis te wees
Moet jy vir niks en niemand vrees

Tandemuis ooo tandemuis
Sy is so dapper en is so wys
Sy sit jou tand in haar rugsakkie
en los ’n persentjie in n pakkie.

Nie donker gange, nie ’n kraak
Nie ’n kind wat skielik wakker raak
Nie die wind of swaar reen
nie ’n skadu by die bed se been.

Tandemuis ooo tandemuis
Sy is so dapper en is so wys
Sy fluister dankie en neem jou melktand
En vat dit dan na feetjieland

Goed opgelei om te werk in die nag
Om tande te kry sonder ’n geluid of lag
’n Meester van stilte, fyn en klein
En weg soos mis wat stil verdwyn.

As jou tand uitval vannag
Sit dit in jou skoen neer sag
Tandemuis kom haal jou tand
En neem dit dan na feetjieland

Tandemuis kom haal jou tand
En neem dit dan na feetjieland

’n Sprokiesagtige sing-saam liedjie oor die dapper Tandemuis wat saans stil-stil kom kuier. Met sagte herhaling en ’n speelse storie vier hierdie liedjie die opwinding van ’n melktand wat uitval — perfek vir slaaptyd en klein grootword-oomblikke.

View full details

Laai jou gratis inkleur boek af

Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.

Laai Af
1 of 3