Honey Hop Kids
Die Skepping
Die Skepping
Lirieke
Lirieke
Dag een kom die lig, God sê: “Skyn, skyn, skyn,”
donker verdwyn en die dag breek fyn.
Dag twee maak Hy lug en wolke bo,
hemel wyd en blou, dit kan jy glo
God maak mense, dier en vis,
alles wys hoe goed Hy is.
Hy maak alles mooi en klaar,
Iets waarna ons elke dag kan staar
Dag drie kom die grond en die plante mooi,
bome groei hoog en die blommekies rooi.
Dag vier skyn die son, die ster en maan,
Al die planete op hul eie wentelbaan
God maak mense, dier en vis,
alles wys hoe goed Hy is.
Hy maak alles mooi en klaar,
Iets waarna ons elke dag kan staar
Dag vyf vlieg die voëls en die visse swem,
God sê: “Ek sien julle en Ek stem.”
Dag ses maak Hy mense en diere saam,
ons is Sy beeld, Hy roep ons by die naam.
God maak mense, dier en vis,
alles wys hoe goed Hy is.
Hy maak alles mooi en klaar,
Iets waarna ons elke dag kan staar
Dag sewe God sê nous dit klaar,
My rusdag is heilig en bly altyd waar
God maak mense, dier en vis,
alles wys hoe goed Hy is.
Hy maak alles mooi en klaar,
Iets waarna ons elke dag kan staar
Die Skepping vertel die Bybelverhaal van hoe God die wêreld in sewe dae gemaak het. Elke dag het iets nuuts ontstaan — lig en donker, land en see, plante, sterre, diere en uiteindelik die mens. Op die sewende dag het God gerus. Dit is ’n storie van beginne, orde en die wonder van die wêreld rondom ons.
Share

Laai jou gratis inkleur boek af
Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.