Honey Hop Kids
Baba Trein
Baba Trein
Lirieke
Lirieke
Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf.
Magie rond en oë rek
As hy waentjies rond moet trek
Sug en steun en swoeg so swaar
Maar hy's nou-nou amper daar.
Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf.
Mamma-stasie wag vir hom
Dat hy gou moet huis toe kom
Steenkoolbr /edie moet hy eet
Dit is goed vir sy dieët.
Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf.
Hy is poegaai rond gery
By die dorp en plaas verby
Hy gaan gou-gou stoom afblaas
Dan maak hy 'n groot geraas.
Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf.
Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf.
Baba Trein is ’n vrolike, ritmiese kinderliedjie wat die avontuur van ’n klein baba-treintjie volg. Met sy bekende “tjoeke tjoeke paf”-klankies ry hy opdraand en afdraand, trek swaar waentjies en stoom dapper aan deur dorp en plaas.
Dis ’n lied wat kinders laat saamklap, saamry en saam “stoom afblaas” — vol beweging en nostalgie.
Share

Laai jou gratis inkleur boek af
Laai die inkleur boekie af wat by die video pas. Perfek vir kreatiewe speeltyd of rustige oomlikke na die storie.